Good Morning Angels Sponsorship

 

Dr Herman Uÿs and Smiling Orthodontics participated in the Jacaranda FM - Good Morning Angels Project by sponsoring Lindy Burrell with Comprehensive Orthodontic treatment. Good Morning Angels is a Jacaranda FM initiative founded in 2005 and spearheaded by Dianne Broodryk.

Throughout the year, an average of between 60 and 70 individuals, families or community projects are helped and Good Morning Angels has achieved its goal to make their community of listeners and their loved ones a better place, through the kindness of sponsors.

 

 "Liewe Dr Herman

Eerstens weereens is dit 'n eer dat Dokter my gekies het om vir my as mensie draaidjies te skenk, wat 'n voorreg! Ek sal dit altyd en altyd onthou Dokter.


Ek het die behandeling in die begin baie moeilik gevind, omrede ek geen idee gehad het oor wat dit eintlik is om draaidjies te dra nie! Ek was baie bang en skrikerig, maar alles in die lewe is uitdaging
en as ons nie probeer nie gaan en sal ons nooit weet nie..

Tweedens, was dit groot verandering en ek was skaam, maar soos alles in die lewe het ek gewoond geraak aan die draaidjies!  Die behandeling was en is fantasties wat ek by Dokter se praktyk kry elke keer as ek moes kom vir verstelling. Dit is vinnig en nie lang-draadig nie!  Die mense is vriendelik en vinnig en akkuraat. 

Altyd word ons herrinner aan ons afspraak en dit is 'n baie positiewe dinge om ons te laat weet, want mamma het soms vergeet wanneer ek weer moet kom.

Die mondstuk in die verhemelte was nogal vir my erg, dit is iets wat ek moes gewoond raak, en dit pla nog steeds, maar ek weet dit is nie vir altyd nie.

Verder het ek die behandeling interessant gevind, net om te weet my tande is besig om te werk (skuif) en gaan perfek wees as dokter die draaidjies uithaal.

Soos ek noem was dit baie seer in die begin maar ek is nou gewoond daaraan.  My eetgewoontes moes ek totaal verander maar so werk dit met alles wat nuut is. Ons moet aanpas.

Soms het ek nie gehou by die kosse wat julle aanbeveel het nie, dan het ek maar biltong ge-eet omrede ek baie lus geraak het , maar 'n mens besef wat is belangrik om nie die draaidjies gou af te breek nie.

Verder was alles net positief.

Dankie weereens Dokter!" 

Lindy Burrell